Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » KINDERGEDENKDAG MET DIE BRAND VAN KERSE SATERDAG 28 NOVEMBER 202

KINDERGEDENKDAG MET DIE BRAND VAN KERSE SATERDAG 28 NOVEMBER 202

Dinsdag, 03 November 2020
deur Compassionate Friends
Compassionate Friends
Bied aan

SATERDAG 28 NOVEMBER, 16H00 VIR 16H30 IN DIE KAPEL, NG KERK HELDERBERG, Firmountweg, Somerset-Wes
Hierdie jaar was baie uitdagend vir almal, maar veral vir mense wat in hierdie tyd en selfs jare gelede 'n kind, broer of suster afgestaan het aan die dood. Veral omdat daar steeds 'n behoefte is om iets vir ons geliefdes te doen, nooi ons jou uit om 'n kersie aan te steek vir jou kind, broer/suster/kleinkind en 'n oomblik af te staan om rustig te deel in 'n spesiale program om hulle lewens te vier. Dit sluit in: 'n Boodskap van Hoop, die aansteek van Kerse, sang en instrument items, asook 'n spesiale video ter viering van ons kinders se lewens. Bring gerus 'n geraamde foto saam vir die foto-tafel, whatsapp 'n foto met naam en oorsaak van dood na Alta, 084 551 1349 indien jy graag jou geliefde in die video wil byvoeg. Tyd word ook afgestaan om 'n spesiale gedig of cd te deel wat van betekenis is vir jou, indien jy so behoefte het. Die dag word op 'n baie spesiale manier afgesluit. DONASIES SAL BAIE WAARDEER WORD! Streng Covid-19 reels sal geld, RSVP asseblief na Alta Volschenk, 084 551 1349. Aangebied deur die Compassionate Friends, Somerset-Wes


Prys: Donasie R25pp of wat bekostigbaar is.

Kontak inligting

Alta Volschenk
Gordonsbaai
Telefoon: 0845511349
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » KINDERGEDENKDAG MET DIE BRAND VAN KERSE SATERDAG 28 NOVEMBER 202
Top