Huis Horison se Somerkermis vind eersdaags op 7 November 2020 om 09:00 – 13:00 by die sentrum in Onder-Papegaaiberg plaas. Volg die geel rigtingwysers uit die dorp of laat jou neus jou lei na ons kleurvolle, tradisionele kermis.
Soos gewoonlik is daar ‘n verskeidenheid stalletjies vol lekkertes, insluitend boeke, pannekoek, bakkery, houtwerk, handwerk, afval, brood, erdewarde, gebottelde produkte, juwele, kindervermaak, klere, koek, koeldrank, koffie, kuns, plante, poedings, ribhamburgers, roosterkoek en wit olifante.
Kom geniet ‘n ontbyt of middagete en geniet koffie, koue bier of wyn terwyl Kaapland Boereorkes ons vermaak. Daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir kinders, insluitend ‘n treintjie, Tombola, speletjies en meer. König Koffie sal van vroeg af hier wees om vir ons heerlike koffie, cuppacinos en meer te maak.
Die Horison Challenge veldwedloop (“Trail Run”) skop al om 07:00 af, en deelnemers kan kies tussen 5km of 10km. https://www.huishorison.org.za/horison-challenge-7-nov-2020
Kos entoesiaste kan deelneem aan die Potjiekoskompetisie, en die beoordeelaars beïndruk met hul wenner potjies. https://www.huishorison.org.za/potjiekos-kompetisie-2020/
Moenie ons heerlike Kermisbokse misloop nie – nuut by hierdie jaar se kermis! Die boks bestaan uit ‘n ete vir twee wat voorberei word deur bobaas kokke insluitend George Jardine. Lees meer en bestel nou, want hoeveelhede is beperk! https://www.huishorison.org.za/product/kermisboks/
Jy kan ook hierdie jaar jou Groenteboks, gevul met ‘n verskeidenheid vars, plaaslike groente, vooraf op ons webtuiste bestel. Bestel nou. https://www.huishorison.org.za/product/kermis-groenteboks/
Vanjaar kan motor liefhebbers gerus ‘n draai maak om die ‘n uitstalling van Antieke (Vintage) Motors te geniet.
Hekke open om 09:00. Gratis toegang. Geen toegang sonder ‘n masker en Covid-19-protokol geld.
Snapscan en kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.