Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » Vennoot in internet besigheid gesoek

Vennoot in internet besigheid gesoek

Woensdag, 26 Augustus 2020
deur meymalinda@yahoo.co.uk
meymalinda@yahoo.co.uk
Gesoek

DIE GELEENTHEID
Ek soek iemand (vol vennoot) wat belangstel in reis en die akkommodasie bedryf om my by te staan om my webblad vir akkommodasie-besprekings af te rond. Die persoon sal dan saam met my die webblad bedryf, waar hy/sy die blad sal onderhou en verander waar nodig.Ek self sal die besprekings hanteer, waaruit ons kommissie sal verhaal. Die persoon sal 'n vol vennoot wees in die maatskappy. Die potensiele inkomste is baie goed en uiters geskik vir 'n dame of man wat tuis wil werk. Kyk na ons kompetisie se webblad (Lekke Slaap) om te verstaan waaroor dit gaan. Die appel is nou kleiner na Covid 19, maar elkeen kan 'n happie kry. Die bedryf sal weer in 2021 ontplof wanner internasionale toerisme en vlugte hervat. 50% van alle besprekings vir akkommodasie in Suid Afrika kom in elk geval uit Suid Afrika self.

WIE
Die kandidaat moet kan proggrammeer of minstens 'n goeie webblad kan bou, hoewel my blad al 90% gereed is en net afgerond moet word. Ek is net op soek na 'n dinamiese en entoesiastiese persoon, wat die potensiaal hierin kan raaksien.
Die vennoot sal slegs sy eie data en telefoonkostes aanvanklik moet dra, totdat die (geregistreerde maatskappy) die kostes kan dra. (Binne 2 maande). Daar is geen ander inkoopgeld betaalbaar nie.
Kontak my asseblief indien jy belangstel in 'n baie opwindende en heerlike besigheid en bedryf, wat mens laat voel asof jy heeltyd met vakansie is.

Kontak inligting

Malinda Mey
Somerset Wes
Telefoon: 0670289177
Selfoon: 0670289177
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » Vennoot in internet besigheid gesoek
Top