Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » Brand 'n Kersie 23 Nov - Kinder Gedenkaand

Brand 'n Kersie 23 Nov - Kinder Gedenkaand

Maandag, 28 Oktober 2019
deur Compassionate Friends
Compassionate Friends
Bied aan

Opgedra aan alle kinders, kleinkinders, broers/susters, van ALLE ouderdomme [0 – 100],
ingesluit stilgeboortes/miskrame
Kersfees en Nuwejaar is ‘n hartseer tyd vir die wat kinders/broers/susters/kleinkinders aan die dood afgestaan het. Die leë stoel word met die feestelike familie-byeenkomste weer uitgelig. Met hierdie byeenkoms gee ons aan almal wat die behoefte het ‘n geleentheid om ‘n kersie aan te steek vir hulle geliefdes - en te onthou watter wonderlike impak hulle geliefdes se lewens op hulle, sowel as soveel ander mense gehad het. Ons vier hulle lewens – daarom word tyd (nie langer as 3 minute) ook toegewys indien u graag ‘n gedig/brief wil deel of ‘n cd wil speel in hulle nagedagtenis.
Deel van die program sluit onder andere in: ‘n Boodskap van Hoop, Sang- en Dans-optredes, brand van kersies ens., met verversings agterna.
Ons nooi u uit om deel te hê aan hierdie spesiale geleentheid. Familie en Belangstellendes welkom. Saterdag, 23 November, 17h00 In die Metodiste Kerk, Coronationweg, Somerset-Wes
[uit Hoofweg]. Donasie: R25-00pp of wat bekostig kan word sal waardeer word vir onkostes aangegaan.
Aangebied deur die Compassionate Friends, Somerset-Wes, ‘n Wêreldwye ondersteunings-organisasie vir treurende families. Betrokkenheid daarby nie nodig nie.

Organisasie wat ondersteun word hierdie jaar: TAGI (The Angel Gown Initiative) :
TAGI is begin deur Eric Elronde, wat sy beroep as trourok-ontwerper prysgegee het om uit gebruikte trourokke of aandklere ‘engelrokkies’ te maak en te skenk aan hospitale sodat ouers wie se babas as engeltjies gebore is, ‘n unieke kledingstukkie kan hê om hulle kindjie in te begrawe/veras. Donasies in die vorm van ‘n trourok, aandklere, garing, kant, mooi knopies of selfs ‘n koevertjie sal baie waardeer word.






Prys: Donasie R25pp of wat bekostigbaar is.

Kontak inligting

Alta Volschenk
Gordonsbaai
Telefoon: 021-856 0717
Selfoon: 0845511349
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » Brand 'n Kersie 23 Nov - Kinder Gedenkaand
Top