Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » Rina Hugo by NG Gemeente Suider-Strand

Rina Hugo by NG Gemeente Suider-Strand

Donderdag, 29 Augustus 2019
deur GrazieOntvangs1
GrazieOntvangs1
Bied aan

In samewerking met die Christelike Seemansorganisasie tree Rina Hugo en haar man, Johan van Rensburg Dinsdag 22 Oktober 2019 om 10:00 op by die NG Gemeente Suider-Strand Kerk, h/v Gordonsbaaiweg en Alex Pienaarstraat, Strand.
Toegang is gratis, maar ֹn vrywillige donasie sal verwelkom word.

OF

U kan ’n seënsakkie bring vir ’n seeman. ’n Voorbeeld wat u in die sakkie kan sit: Waslappie, lekkerruik seep, klein buisie tandepasta, tandeborsel, aanrol deodorant,
weggooi skeermes, klein notaboekie en pen en ietsie lekker.






Kontak inligting

NG Gemeente Suider-Strand Petro Pentz
Strand
Telefoon: 021-8545076
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » Rina Hugo by NG Gemeente Suider-Strand
Top