Ons is regtig opgewonde oor die belangstelling in ons kuiergroepe. Op Vrydagaand 3 Mei om 19:00 beplan ons ‘n afskop geleentheid in die Tent waar almal mekaar kan ontmoet en hul groepe kan organiseer.

Die doel van die kuiergroepe is om ‘n veilige omgewing te skep waar gemeentelede met dieselfde belangstellings mekaar kan leer ken en verhoudinge vorm. Ons wil van helloHELDERBERG Gasvryheid se kant af die groepe inisieer en die mense by mekaar uitbring. Julle word dan aangemoedig om mekaar te ontmoet en geleenthede te reël en die groepe verder uit te brei. Indien jy nog nie jou Kuiergroep-vorm ingevul het nie, kry dit gerus op die webblad (Mediateek, Aflaaidokumente, Kantoor dokumente) of Sondag in die Tent.

Laat weet asseblief die kerkkantoor as jy die Kenmekaaraand wil bywoon of nog voorstelle het wat nie op ons lys is nie.
Jy kan ons ook kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Top