Vanoggend tydens kollekte word jy uitgenooi om ‘n papiertjie en potlood te neem. Daar sal vir jou geleentheid gegee word om jou eie palmtak met 7 blare (een vir elke dag van die komende week) te teken. Die idee is om op elke blaar iets te skryf wat jy graag sal wil hê Jesus saam met Hom moet neem Jerusalem toe en tot by die kruis.

Iets wat jy graag vir Hom sal wil gee sodat jy kan vry raak en Hy jou innerlike vrede kan gee wanneer Hy daarvoor sterf ter wille van jou. Soos wat jy elke dag iets op die blaartjie skryf, skeur jy dan die blaartjie daagliks af en gooi dit weg, as simbool dat dit gekruisig word. Jy kan dit verbrand, in die see gaan gooi, in die grond begrawe, of sommer net opskeur en in die asblik gooi.

 

Top