Ons nooi jou uit na Groot Lydensweek vanaf Maandag 15 - Donderdag 18 April. Deur die week is daar kruiswegstasies in die Tent wat vanaf 9:00-19:00 besoek kan word. In die aande is daar ‘n kort aanddiens in die Tent om 19:00.>>

Donderdag 18 April sluit ons Lydensweek af met ‘n tenebrae brood breek geleentheid om 19:00 in die Tent. Tydens hierdie tenebrae (diens van duisternis), word die 7 Lydenstyd-kerse met voorlesings een na die ander uitgedoof totdat die byeenkoms in donkerte en stilte eindig. Dit simboliseer Jesus se lydensweg en dood en plaas ons in die oordenkingsbui vir Goeie Vrydag. Dit is ‘n baie spesiale geleentheid. Laat weet asseblief die kerk-kantoor indien jy dit gaan bywoon. Daar is geen koste aan verbonde, maar donasies is welkom.

Op Goeie Vrydag het ons ‘n stil diens waar ons met nagmaal by die klassieke en informele dienste, Jesus se kruisiging herdenk. Ons verlaat die diens in stilte om die palmtakke van Palmsondag te verbrand waarvan die as dan gehou word om op Aswoensdag 2020 gebruik te word.

Sondag vier ons fees met ons gewone Sondag eredienste waarna ons heerlik met paasbolletjies in die Tent kuier. Aangesien Lydensweek hierdie jaar nie in die skoolvakansie val nie, wil ons regtig almal (oud en jonk) uitnooi om hierdie reis met ons mee te maak. Jy sal hierna anders na Paasnaweek kyk.

Top