Koffie en kuier is mos sinoniem en ons wil hê jy moet deel word daarvan. Ons het Sondae ons eie Koffiekroeg wat deur lidmate beman word met geskeduleerde diensbeurte wat hul dagboek pas. Dit is alles baie lekker informeel volgens jou beskikbaarheid. Ons volgende barista opleiding is op Saterdag 30 Maart vanaf 8:30-12:00. Dit is R100pp om die koste van die opleiding te betaal. Daarna kom oefen jy Sondae tot jy reg voel om geskeduleer te word. As jy belangstel – kontak ons by 082 823 0260 of e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of gee jou naam op by Ontvangs. Indien hierdie datum jou nie pas nie, maar jy stel belang laat weet ons nog steeds.

Top