Die 40 dae vastyd in Lydenstyd behels ’n hertoewyding aan die Here. Dit gaan oor ’n doelbewuste toegespitsheid op God, op sy teenwoordigheid in jou lewe en wêreld. Dit gaan oor ’n nuwe vasberadenheid om op pad met Jesus te wees en vir Hom te leef en ’n verskil te maak in die wêreld. Dit sal gebeur as jy in die vastyd ophou dink aan jouself en jou eie vermaak en plesier, en doelbewus dink aan die Here Jesus, en aan ander.

Daarom nooi ons jou uit om deel te word van ons 40 DAE-40 ITEMS uitdaging. Sit vir die volgende 40 dae, elke dag ‘n item uit jou huis of klerekas wat jy nie meer gebruik of aantrek nie, in ‘n groot sak. Aan die einde van Lydenstyd bring jy dit vir die Dienssentrum wat dit sal versprei aan mense wat dit nodig het. Maak jou hele gesin en vriendekring deel van hierdie uitdaging. By Helderberg leef ons met ‘n passie vir God en 'n hart vir mense en ‘n wêreld in nood.

 

Top