’n Drastiese daling in kerkbywoning is wêreldwyd ’n redelike algemene verskynsel en die rol van predikante in ons vinnig veranderende wêreld is een van die belangrikste temas van die rolprent, Dominee Tienie. Die bekroonde akteur, Frank Opperman, speel in hierdie nuwe rolprent die hoofrol met soveel oortuiging. Dit is ‘n fliek wat baie besprekings en goeie kommentaar ontlok en ‘n lekker gesprek vir ‘n gemeente kan wees. Kom vind uit of Dominee Tienie sy selfvertroue en die liefde van sy gesin kan terug wen en of hy dapper genoeg gaan wees om sy gemeente in ’n nuwe era in te lei. Iets wat relevant vir alle gemeentes is.

Helderberg Gemeente het ‘n blokbespreking gemaak vir Sondag 10 Februarie om 15:00 by Somerset Mall. Koste R85 pp (Dit sluit ‘n fliekkaartjie en koffie in). Kom fliek gerus saam met ons – ons kry mekaar sommer vooraf daar.

Bespreek en betaal asb so gou moontlik by Ontvangs of stuur jou detail en betalingsbewys aan: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Navrae Corneille Barnard by 021-851 5582.

Helderberg Gemeente Bankbesonderhede: Bank ABSA Somerset-Wes , Rek nr. 2900 590 094 (tjek),
Rek naam NGK Helderberg, Takkode 632 005, Verwysing: Fliek/JOU VAN

Kommentaar op Facebook: “Dit is een AMAZING fliek met 'n sterk boodskap. Dit laat een dink, wie is jy regtig en wat doen jy om 'n verskil te maak? Al die akteurs was puik gewees, het regtig baie vir Frank en Henrietta geniet en net weereens besef, kerk moet daar buite op die strate ook wees, maak ons as mense enige verskil?

Top