STOP iT!
Bewusmaking van die gevare van mensehandel-projek se visie.

Bewusmaking is krities belangrik vir ouers sowel as die kinders. Peuters en kleuters raak weg omdat ouers se fokus nie altyd op hul kinders is nie. Kinders wat gesteel word, word nie weer gesien nie.

Veiligheidswenke geld oral waar kinders saam met hul ouers is. Wees veral waaksaam by inkopiesentrums en parkeerareas.

Moontlike gevaarsone daar:
- Kindjie wat sit in die trollie terwyl ouer of oppasser op aankope konsentreer, wees tasbaar bewus van kindjie.
- Ouers stap vooruit en kindjie moet volg. Grypdiewe werk in spanne en is blitsig om kind te laat verdwyn.
- Kleintjie hardloop vooruit, ouers se aandag word doelbewus in beslag geneem, kind is onbeskerm en ‘n teiken.
- By die motor is dit‘n uitdaging, veral vir enkeltoesighouer, inkopies moet oorgepak word uit trollie en kinders word een vir een in motor getel - wees bewus van mense in die omgewing wat rondstaan of sit en waar die karwag of sekuriteitsman hom bevind.

Saam beveg ons die boosheid van mense-handel.

Top