Helderberg Uitreik Dienssentrum
Ek het die voorreg gehad om met Yolandè Kennedy, die koördineerder van die Helderberg Uitreik Dienssentrum, te gesels oor haar passie vir die Dienssentrum en wat hulle alles daar doen.

Melanie: Hoekom is jy betrokke by die Dienssentrum?

Yolandè: Daar is soveel kinders wat skool toe moet gaan op ‘n honger maag. Hulle moet die hele dag konsentreer sonder ‘n kriesel kos. Ons droom is om kos so vêr en wyd soos God se genade aan honger mense te verskaf. Tans streef ons na hierdie droom deur 16 sopkombuise en kospakkie projekte te ondersteun. So is dit moontlik dat kinders en hulle ouers minstens een ete per dag kan kry. Dit maak dat ek in die nag kan slaap, wetende dat nie net my maag vol is nie, maar ook sommer ‘n hele klomp ander mense s’n ook.

Melanie: Hoe beleef julle die Here by die Dienssentrum?

Yolandè: Ons beleef die praktiese betekenis van afhanklikheid van die Here by die Dienssentrum. Ons is afhanklik van skenkings. Die voedsel word tans deur Spar De Helderbosch, Spar Heldervue, Checkers Sitari, Checkers Somerset Mall, Pick n Pay Waterstone, Pick n Pay The Sanctuary, Deli Veg, FoodForward, Woolworths CBD en Woolworths Waterstone geskenk. Ons is opreg dankbaar vir elkeen van hulle.>>

Ons is nie altyd seker hoeveel kos ons gaan kry nie, want die voedsel wat ons by die instansies ontvang wissel elke week. Net wanneer ons benoud is en dit lyk asof ons nie genoeg kos gaan hê vir ons projekte nie, dan voorsien die Here deur een van die instansies wat bel en sê ons kan kos kom oplaai.

Die Here het ook vir ons ‘n bakkie voorsien wat deur Western Cape Lubricants aan die Dienssentrum gegee word om te gebruik om die voedsel te gaan oplaai by al die verskillende instansies. Wanneer die bakkie breek, versien Western Cape Lubricants die voertuig en kan die Dienssentrum dit weer gebruik. Dis ‘n wonderlike seën vir ons.

Ons vrywilligers is gemeentelede van Helderberg Gemeente en NG Somerset-Wes Moedergemeente wat hulleself beskikbaar maak om die kos te gaan oplaai by die instansies, die kos oor te pak vir die instansies en om die sortering van klereskenkings en ander skenkings te doen. Ons oudste vrywilliger is 87 jaar oud en hy ry naweke en weeksaande om die kos op te laai by die kosinstansies.

Paul Kilian van The Trolley Company het ‘n trollie geskenk waarmee ons die kos kan rondbeweeg. Dit haal baie druk af van die vrywilligers. Ons is so dankbaar vir sulke skenkings.

Ons dank die Here daagliks vir die mense wat Hy vir ons stuur om die werk gedoen te kry.

Melanie: Vertel ons meer van die projekte wat julle tans ondersteun.

Yolandè: Ons het 5 kinderprojekte, 8 kospakkie projekte en 3 sopkombuise wat ons ondersteun. Hulle is in die Helderbergkom, Macassar en Eersterivier. Die projekte kom laai die kos by die Dienssentrum op en is dan verantwoordelik vir die verspreiding van die kos in hulle gemeenskap. Die projekte gee maandeliks vir my hulle getalle deur en dit word gebruik vir verslagdoening aan Helderberg Uitreik en FoodForward.

Nuwe projekte doen aansoek by die Dienssentrum vir ondersteuning. Ons plaas hulle op ‘n waglys en sodra daar genoeg kos inkom, neem die Dienssentrum die projekte op as aktiewe projekte.

Melanie: Kan ek ‘n kospakkie by die Dienssentrum kry om vir iemand te gee?

Yolandè: Jy kan ‘n kospakkie borg vir iemand. Jy kontak my by die Dienssentrum en ons bepaal of dit vir een persoon, ‘n klein of medium gesin is. Die persoon wat die kospakkie borg, betaal dan die geld in Helderberg Uitreik se rekening met die verwysing “DS kospak voorletter en van van persoon” en tref reëlings met my oor die afhaal van die kospakkie.

Ons gee ongelukkig nie kospakkies aan “walk-ins” nie. Daar is verskeie organisasies in Somerset-Wes wat voorsien in daardie behoefte.

Melanie: Wat doen julle met die klere en huisraad skenkings?

Yolandé: Projekte van Helderberg Uitreik en die Helderbergkom word ondersteun deur die klere wat geskenk word. Die ander items wat geskenk word en wat nie deur die projekte gebruik kan word nie, word gebruik vir Helderberg Gemeente se “wit olifant” verkoping by die basaar.

Melanie: Hoe kan ek betrokke raak?

Yolandé: Jy het ‘n paar opsies:
• Jy kan help om die kos op te laai by die verskillende instansies. Dis gewoonlik so 2 ure om dit op te laai en weer af te laai by die Dienssentrum.
• Jy kan help kos sorteer in die oggende by die Dienssentrum.
• Jy kan help klere en ander items sorteer.

Kontak my by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 6911.

Geskryf deur Melanie Smit - Uitreikbestuurder 

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri