Het iemand onlangs vir jou omgegee? Hoe het dit jou laat voel? Het jy beleef dat God self vir jou omgee?
Het jy die afgelope tyd vir iemand anders omgegee? Wat het dit aan jou gedoen? Dit is waaroor ons praat tydens eerskomende Sondag se eredienste. Die tema is “Ons gee om …” en die teksgedeelte Joh 6:1-15 (Week 5 van ons reeks).
Jesus sien dat die mense wat Hom volg honger is en Hy gee om vir hulle (Joh 6:5). Hy wil hulle nie net geestelik voed nie, maar ook fisies voed. Al wat hulle het is ‘n seuntjie wat bereid is om sy vyf brode en twee vissies te skenk (vv 8-9). Jesus vermeerder hierdie “omgee” van die seuntjie en voed 5 000+ mense (vv 10-12). Dink net hoe kan Jesus vir ons as gemeente (5 000+ lidmate) gebruik om werklik vir ander om te gee.
Sien jou Sondag.
Danie O’Kennedy