Hierdie week nooi ons jou uit na 'n paar van ons groepe. Dalk is daar een waarvan jy hou en voel dis jou plek. Hier is 'n paar idees:
Daar is Bybelstudie-groepe wat elke week bymekaar kom. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans). Die groepe kom 10:00 op Donderdae by die kerk bymekaar.
As jy aan die einde van 'n besige week op soek is na vars en goeie geselskap om jou reg te kry vir die naweek, is die Manne Bediening op Vrydagoggend koffie en beskuit “Check-In” net vir jou bedoel. Kom bou jou vriendekring en ondersteunings netwerk. Kom luister net of kom gesels saam - almal welkom. Kontak is Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710
Sien jou Vrydagoggend, 06:00 in die Kapel!
Wil jy weet waaroor omgeegroepe gaan of dalk deel wil word van ‘n groep? Kom vind gerus meer uit hieroor en vul sommer jou voorkeurvorm in deur die QR-kode (regs) te gebruik of kliek op hierdie skakel: https://forms.gle/6BPqJM6GksNunKrZ6