Goeie nuus is altyd welkom! Dit is jammer ons hoor nie genoeg daarvan nie. Dalk is dit omdat ons so bestook of oorval word met negatiewe stories en ervarings.
Die beste nuus wat hierdie wêreld ooit kon hoor, is die goeie nuus of evangelie van Jesus Christus. Johannes sê die mense moet hulle voorberei hiervoor. Sy boodskap in Markus 1 was “Bekeer julle” en maak die pad reg vir die Here.
Ons berei ons voor om oor 2 weke Jesus se koms te vier. Die boodskap is dieselfde: “Bekeer julle!“ Dit is ’n tyd vir omdraai en terug draai na Jesus. “Maak die pad reg!” Dit is ook ’n tyd om die dinge wat tussen jou en God staan, weg te vat, want God wil ons met sy Gees doop.
Kersfees 2023 kan vir jou ’n groot geestelike belewenis wees. Dit is goeie nuus!
Sien jou by Sondag se eredienste.