By Helderberg Gemeente het ons hierdie week afgesluit met 7 weke van gesprekke aan tafel met Jesus. Dit was ’n spesiale tyd van ontmoetings met Jesus.
Nou draai ons fokus na Paasfees. Oor 3 weke vier ons die fees van God se lig wat die donker in die wêreld deurbreek. As deel van ons voorbereiding vir die Paasfees gesels ons hierdie Sondag by die eredienste oor Beurtkrag geloof. Is daar so iets? Hoe hou ons die ligte aan?
Jy is hartlik welkom.
Hierdie naweek is 'n langnaweek en daarom sal daar ook geen jeugaksie wees nie. Sondag 26 Maart is alles weer soos gewoonlik aan die gang vir die jeug.