Dit is die maand Oktober – die mooiste maand. Ja, dit is lente in die Kaap. Saam met die lente kom by baie van ons die behoefte om op te ruim en skoon te maak en reg te ruk. Dit is tyd vir “Spring Cleaning” of lente-opruim. Dit is nie net ons stowwerige laaie en oorvol stoorkamers wat ‘n lente-opruim nodig het nie. Dalk het jy ook ‘n geestelike lente-opruim nodig? Hoe doen ons dit en hoe lyk die vars lentegeloof?
Ons gesels Sondag hieroor en jy is welkom.
Die Skriflesing is uit Psalm 51.