Ons kyk terug en ons is oneindig dankbaar… Dankbaar vir God se getroue sorg die afgelope 12 jaar. Ons span staan meestal maar net verstom oor hoe Hy maand na maand, jaar na jaar voorsien. Dankbaar dat Hy altyd vooruitstap en vir ons die pad wys. Ons kyk vorentoe en ons is verskriklik opgewonde… Opgewonde oor die 2 185 leerdertjies wat weekliks baat vind by ons vroeë remediërende intervensie, opgewonde oor die 118 opvoeders wat by hul skooltjies bemagtig word om die program in hul eie klasse aan te bied, opgewonde oor die 76 skooltjies wat reeds deel is van die program en opgewonde oor ons splinternuwe toevoeging, “Kuns vir Koningskleuters”, waardeur die Woord van die Here aan hierdie leerdertjies gebring word. Ons kyk op en ons weet: Dit is alles net genade! Alle eer aan ons Hemelse Koning vir dit wat reeds bereik is, en dit wat Hy nog deur HOEP gaan doen.

Ons sien en ervaar hoe elkeen van die skooltjies besig is om Ligtorings in die gemeenskappe van Nomzamo, Asanda Village, Lwandle, Strand, Firgrove, Raithby, Macassar, Mitchell’s Plain, Khayelitsha, Delft, Kuilsrivier, Eersterivier, Klapmuts, Franschhoek, Sir Lowry’s Pass, Grabouw en Botrivier te word. Daar waar die nood nie in woorde omskryf kan word nie, is hierdie opvoeders besig om Jesus se Lig helder te laat skyn!>>

Ons deel graag ‘n getuienis: Bewus van twee beroertes wat Charmaine Johannes, die skoolhoof van Poplap Kleuterskool in Grabouw, onlangs gehad het, besluit van ons spanlede om gou te gaan inloer. Ons hoor haar stem al van ver af soos ons naderstap na die sink skooltjie. Sy’s definitief weer haar ou self, sê ons vir mekaar. Binne sien ons egter geen teken van Charmaine nie. “In die kamer”, beduie die assistent. Daar kry ons vir Charmaine op haar bed besig om uit volle bors klas te gee. “Kom in, kom in”, nooi sy. Gedagtig daaraan dat sy pas twee beroertes oorleef het, maak dit vir ons heeltemal sin dat sy nie opstaan nie.
“Ek het mos die gebruik van altwee my bene ná die beroertes verloor… maar die Here is so goed vir my, ek lewe, ek het my HOEP-program en niks keer my om te sit en klasgee nie!”

Baie, baie dankie aan almal wat deur julle gebede, finansiële ondersteuning en hulp saam met HOEP stap. Julle is ook ligdraers wat ‘n verskil maak waar dit die nodigste is.

Lees meer oor HOEP: www.hoep.org.za
Facebook: Helderberg Uitreik Hemel op Aarde Projek
Bankbesonderhede: ABSA Helderberg, Spaarrekening, Rekening nommer: 9114483080, Takkode: 632005, Verwysing: HOEP + Voorletters en Van.

Stigter en spanbestuurder: Campher Serfontein – 078 702 7584
Projekleier: Anton van Geest – 083 377 1973
Operasionele bestuurder en koördineerder: Sunette Erasmus – 082 408 1624

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri