Projek vir gestremdes kry 'n nuwe naam: AHAVAH
Die projekspan maak graag hulle nuwe naam en logo bekend.

Die woord gestremd is beperkend en selfs diskriminerend. ‘n Bybelse word, AHAVA is ondek en na verdere navorsing oor betekenis en Bybelse feite was dit ooglopend die regte besluit. Die word AHAVAH beteken “liefde” in Hebreeus. Ons word in die eerste plek geroep om liefde te wees, gewers van onsself. Om vriendelik, vrygewig, opbouend en bemoedigend te wees, om ander te dien. Om 'n verskil in mense se lewens te maak, om rentmeesters van ons aarde en vir ons omgewing te wees. Ons word geroep om van onsself aan die wêreld en gemeenskap rondom ons 'n beter, meer omgee plek te wees, veral in ons geval, vir mense met spesiale behoeftes.

Die simboliek in ons nuwe logo:
Christus (die kruis) is ons middelpunt en kern van wat ons doen. Ons sien almal as dieselfde hetsy gestremd of nie, en natuurlik word die hart vir mense duidelik op hande gedra. Sonder die hande, simbool van ons gemeente se gebede, bydraes en in persoon as vrywillige helpers, sou hierdie projek nie kon voortgaan nie. ‘n Halleluja word elke keer deur ons as span ervaar wanneer daar genoeg fondse beskikbaar is om versoeke van mense met spesiale behoeftes te kan help. Dankie dat julle Helderberg Gemeente se leuse “Om te leef met passie vir God en hart vir mense en ‘n wêreld in nood” so duidelik uitleef deur julle ondersteuning vir hierdie projek.

Projekleier: Anton Engelbrecht by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri