As ‘n Nie-winsgewende organisasie, is Helderberg Uitreik verplig om jaarliks ‘n openbare vergadering te hou ter verslaglewering van sy werksaamhede. Die Uitreik Jaarvergadering het plaasgevind op 25 Julie 2022 en is bygewoon deur 67 belangstellendes.

Ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk sinode Wes-en Suidkaap was die spreker en het gefokus op lidmate as ligdraers in die gemeenskap en hoe Helderberg Uitreik as voertuig daarby inpas. Daar is ook verslag gelewer oor die afgelope jaar se werksaamhede en die ouditstate is goedgekeur. Nuwe bestuurslede wat verkies is vir die volgende twee jaar termyn, is Hennie Groenewald en Emil Krugmann (herkies). Die bestuur het ook sy dank uitgespreek teenoor Marius Ungerer wat die afgelope 5 jaar op die Uitreikbestuur gedien het. Marius was nie weer verkiesbaar nie, omdat hy gaan verhuis.

Op die foto is vlnr agter Paul Barnard, Kotzé van Wyk (voorsitter), Chris Hollenbach, Johan van Niekerk en Emil Krugmann. Voor is Melanie Smit (nuwe bestuurder vanaf Maart 2023), Marius Ungerer, Louise Theron en Leone Malan.

Louise Theron

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri