As seerowers 'n gunsteling liedjie sou hê, sou dit heel moontlik wees: “Ek sou kon doen met 'n miljoen.” Seerowers of nie, die meeste van ons sou kon doen met 'n paar ekstra rande in ons sakke. Ons nooi jou uit na ons verlate tropiese eiland waar ons skattejag gaan plaasvind.
Kom ontmoet “Kaptein-ek-kan-nie”, “Private-putt-it-off”, “Meneer Sonde” en “Admiraal Ongeloof” en kom help keer dat hulle nie die skatkis steel nie en wie weet, dalk gaan jy 'n regte seerower of twee ook te siene kry. Beplan solank aan jou seerower uitrusting vir die Donderdagaand.
29 Mei - 2 Junie in Talanja vir alle gr1-6 om 18:45-20:00. Die registrasie sal Sondagaand plaasvind en is R50. Jy sal dan jou Pinksterboekie ontvang vir die week. “Kom ons delf dieper in die skatkis van Sy Woord.”
Lizl Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.