Die MIV projek van Helderberg Uitreik ondersteun die Hope&Support projek van CABSA. ‘n CABSA opvoeder, ‘n plaaswerker uit De Doorns, kontak ons vir raad. Sy is deur die plaasbestuurder gevra om haar oor ‘n MIV positiewe man, vrou en dogter te ontferm.

En so ontvou die inspirerende verhaal van een plaaswerker gesin wat hulle oor ‘n ander gesin ontferm, selfs vir hulle kos koop, aandete voorsien, afspreek en toesien dat hulle hul medikasie gereeld neem. Sy het hulle ook gehelp om ‘n begroting op te stel, saam gaan inkopies doen om hulle leiding te gee en aangemoedig om op te hou drink. “Ek en ‘my gesin’ het ‘n goeie dag gehad. Ons het gaan shop vanoggend, hulle het niks alkohol gebruik nie. Ons dank die Vader.”

Die Hope&Support projek maak dit vir ons moontlik om ‘n deel van die finansiële las met haar te deel en ons is opgewonde en dankbaar om te sien hoe die gesin reageer op haar betrokkenheid. Ons droom daarvan om ‘n bron van ondersteuning en motivering vir meer mense te kan wees deur ons ondersteuning en betrokkenheid by die Hope&Support projek.

Projekleier: Aneleh Fourie-Le Roux 083 292 5358 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri