Wanneer laas het jy iets uit volle bors gesing? Wanneer laas het jy met alles wat jy het gesing?
Ons is van kleins af geleer om uit volle bors te sing. Maar wanneer jy iets uit volle bors sing dan sing jy omdat daar een of ander groter konneksie is. As jy sing uit volle bors dan beteken dit jy is ingekoop, jy is invested.
Ons tema hierdie komende Sondag 1 Mei is “My hart sal sing”. Betekende, ek sal sing vanuit alles wat ek het. Elke jaar by #Imagine staan ek in verwondering as duisende tieners mekaar aanmoedig as hulle sing “Sing like never before, O my soul, I'll worship your holy name”.
En ek wonder of dit nie juis is wat met Dawid gebeur daar in 2 Samuel 6 as hy so aan die dans gaan nie. Moenie hierdie geleentheid van aanbidding misloop nie.
– Deon Els
Onthou ons winter eredienstye begin hierdie Sondag, kliek hier vir die tye.