Seniorsorg beleef tans opwindende tye. Die veldtog “neem ‘n ouma aan” wat in Oktober geloods is, het Seniorsorg opnuut aan die gemeente bekend gestel. Baie dankie vir elke bydra om seniors wat staatspensionarisse is met basiese behoeftes te help. Daar is maandeliks ‘n groot behoefte aan toiletware, doeke en ander noodsaaklikhede.

Vir die eerste keer in twee jaar kon Seniorsorg weer ouetehuise besoek. Op Woensdag 23 Maart is die seniors by Esperanza besoek vir heerlike samesyn met blomme, sang en musiek en heerlike botterbroodjies wat deur Seniorsorg se span voorberei is. Woensdag 13 April hou Seniorsorg ‘n Paasfees tee by Huis Marie Louw waartydens Danie Möller ‘n Paasboodskap sal bring en Yolande Botha gaan die sang begelei. Hierna word die kuiertjie met ‘n nagmaalviering afgesluit.>>

Gemeentelede het ruim bygedra vir nagklere, onderklere, pantoffels en japonne wat Seniorsorg voor die winter van 2021 aan behoeftige inwoners van die tehuise kon oorhandig. Aan Nicolette Kruger wat ‘n aantal komberse vir die seniors gehekel het , ‘n spesiale dankie. Nicolette het dit gedoen ten spyte daarvan dat sy ‘n sig probleem het.

Lynn Nichols, bestuurder van Zandvliet Care Centre het ‘n mussie versoek vir elkeen van die 165 inwoners. Donasies vir die projekte sal waardeer word.

Seniorsorg het op 4 April ‘n besoek gebring aan Isobel Trengrove wat haar 101’ste verjaarsdag gevier het. Dankie aan Danie Möller en Mickey Basson wat namens Seniorsorg haar besoek het en gelukwense oorgedra het.

Ina van Niekerk (projekleier) 082 554 9919 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri