Lydenstyd het in die vierde eeu na Christus ontstaan en strek oor die 40 weeksdae wat op Aswoensdag begin en met die Groot Lydensweek, Heilige Donderdag, Goeie Vrydag en Stil Saterdag ’n dieptepunt bereik.

Lydenstyd is die voorbereiding en aanloop tot die viering van Christus se verlossingswerk aan die kruis en die nuwe lewe wat deur sy opstanding moontlik gemaak is. Dit alles vind plaas teen die agtergrond van individue se verlange om God se genadige verlossing in hulle lewe, sowel as in die wêreld, verwesenlik te sien word.
Lydenstyd was oorspronklik die voorbereidingstyd vir volwassenes wat op Paassondag, deur die doop, by die gemeenskap van gelowiges ingelyf is. In die lig hiervan was dit ’n tyd van gefokusde Bybelstudie en gebed. Lede wat van die kerk afgesny is, het in hierdie tyd voorberei om weer deel van die gemeenskap te raak. Vir die hele gemeente was dit dus ’n tyd van hertoewyding aan die roeping wat hulle doop inhou.>>

Lydenstyd word daarom tradisioneel ook gekenmerk deur verootmoedigende gebed, vas en die versorging van die armes. In die lig van bogenoemde word Lydenstyd gesien as ’n tyd van gestrooptheid en eenvoud.

Aangesien gelowiges elke Sondag die opstanding van Christus vier, word die ses Sondae in Lydenstyd nie getel as deel van die 40 dae van Lydenstyd nie. Daarom word dit die Sondae in Lydenstyd genoem. Die getal 40 word met verskeie Bybelse gebeure in verband gebring, maar tydens Lydenstyd spesifiek met die 40 dae van Jesus se voorbereiding vir sy bediening waartydens Hy verskeie versoekings weerstaan het. Lydenstyd roep Christene op tot selfondersoek en bekering.

Hierdie kreatiewe spanning tussen die verootmoedigende karakter van die weeksdae en die vierende karakter van die Sondae in Lydenstyd maak die erediens ’n uitdaging. Vir baie lidmate is die erediens op Sondag hulle enigste blootstelling aan Lydenstyd en moet daar ook aandag geskenk word aan die verootmoedigende karakter van Lydenstyd. Sondag bly egter ’n viering van Christus se opstanding en dit mag nie in die erediens verlore gaan nie.

(Bron: Woord en Fees 2021/22)

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri