Ons prediker vir die Uitreikfees is Jaco Strydom. Jaco is bekend by Helderberg Gemeente, want hy het ook verlede jaar by ons Pinksterdienste gedoen. Jaco is die leier van Echo Jeugontwikkeling ('n organisasie sonder winsoogmerk met o.a. 13 huise vir jongmense in nood) en is deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Hy is 'n rubriekskrywer vir verskeie publikasies. Meer as 200 van sy artikels en rubrieke het die afgelope tien jaar verskyn in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media, Taalgenoot en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger (besoek sy blog: "Anderkant die doringdraad"). Sy boeke Confessions oor Kerkwees is in 2018 en Leef Lig in 2021 gepubliseer.

Jaco het vir 'n tyd lank in Indië gewoon en was betrokke by verskeie projekte in Suid-Asië en Afrika.

Een van Jaco se stokperdjies is roei, hy onderneem deur die jare 'n aantal solo-reise na afgeleë plekke met sy kajak (roei onder andere solo vir meer as 'n maand lank vanaf Vaaldam tot by die see, ook talle soortgelyke reise o.a. na plekke in Transkei, Mosambiek, Tanzanië, Noord Pakistan, Andaman eilande). Jaco is ook o.a. “brand ambassador” vir Fluid Kayaks.

Hy is van die oortuiging dat gereelde afsondering in die natuur net so belangrik is as om in gemeenskap te lewe.

Jaco het in Randburg gematrikuleer en gestudeer by die Noord Wes Universiteit en die Universiteit van Pretoria, hy woon tans in Villieria, Pretoria.

Kom gesels gerus na die oggend- en aanddienste Sondag met die verskeie projekte by hul stalletjies in die Tent.

Louise Theron

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri