Ons leef in ’n wêreld waarin mense voordurend dinge vra of selfs “demand”. Die vraag is: staan ons as Christene bekend as dankbare mense? Kol 3:14-17 praat op ’n praktiese manier oor die nuwe lewe in Christus, onder andere oor dankbaarheid (v 15). As ons in verwondering staan oor Jesus se genade, kan ons nie anders as om dankbaar te wees nie.
Ons wil vir die Here dankie sê met ons monde deur gebed en lofprysing (v 16). Ons wil die dankbaarheid uitleef in alles wat ons doen (v 17) – met ons tyd, gawes en geld. Ons wil in alle omstandighede dankbaar wees (2 Thes 5:18). Dankbaarheid duur nie net een maand of een Sondag in ’n jaar nie. Dankbaarheid is ’n lewenswyse.
– Danie OK
Ons sien jou Sondag in die kerk:
Klassieke diens 08:00
Meditatiewe diens 08:30
Informele diens 09:30
Kiddie- en Tekkiekerk 09:30
Tienerkerk Tentkuier 18:00
Aanddiens (Kapel) 19:00