Aangesien die Hooggeregshof die fase 3 en 4 inperkings as onwettig verklaar het en daar ‘n twee weke grasie tydperk is waartydens die Regering hierdie moet regstel, het die Kerkraad besluit om die volgende roete te volg:
• Soos wat ons tot nou toe die riglyn van “noodsaaklike aangesig tot aangesig” byeenkomste gevolg het, gaan ons hiermee voort totdat daar meer klarigheid kom oor die inperkings op getalle van mense wat mag byeenkom.
• Dit beteken dat alle eredienste, bidure, kleingroepe, vergaderings en soortgelyke byeenkomste wat enigsins elektronies kan plaasvind, wel so gedoen sal word.
• Begrafnisse sal of in die kapel (beperk tot 30 mense) of in die kerk (beperk tot 50 mense) plaasvind. Dit sal geld vir begrafnisse van lidmate sowel as persone buite die gemeente. Die streng bepalings van toegang, sanitering en afstand beperking sal van toepassing bly.

• Byeenkomste wat “aangesig tot aangesig” genoodsaak, soos byvoorbeeld berading, pastorale gesprekke, troues en tipiese “anoniem” gesprekke, sal wel onder streng voorwaardes in die lokale wat beste daarvoor ingerig is, toegelaat word. Dit sal geld vir beide ons eie sowel as gesprekke wat uit die gemeenskap geïnisieer word. Vir laasgenoemde sal die normale huurproses geld.
• Odette Stemmet, ons “compliance officer”, sal by alle geleenthede teenwoordig wees. Indien die geleentheid buite haar normale werksure val sal sy deur die gebruiker vergoed word teen R500 per geleentheid. Onder geen omstandighede sal die sleutels aan ‘n gebruiker gegee word nie.
• Huurders van die fasiliteit sal aanspreeklik gehou word vir die skoonmaak van die fasiliteit. Dit sal vooraf met die gebruiker ooreengekom word. Indien die gebruik in ‘n situasie van “deep clean” ontwikkel sal die gebruiker ook daarvoor verantwoordelik gehou word. Kwotasies om die kapel te “deep clean” is ingewin en beloop sowat R 2 300.
• Indien die regulasies of die situasie van ons gemeente verander sal die leraars-groep en die Fasiliteitespan vergader en ‘n nuwe voorstel aan die Kerkraad voorlê.

Hierdie dokument sal aangepas word soos die regering se regulasies verander.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri