Colours of India
Hierdie nuwe inisiatief word vir die Yenadi-stam in ‘n klein plattelandse nedersetting bestuur. Dis ‘n wonderlike gemeenskap wat aan ‘n wye verskeidenheid bygelowe glo. Hulle is hoofsaaklik Hindoes en beoefen poligamie. Hulle glo vas dat hul gode sekere mense bevoordeel – afhangend of ‘n spesifieke ritueel of boetedoening aan die spesifieke god se goedkeuring voldoen. Goeie geluk en noodlot is belangrik vir die Yenadi-stam. Gelukbringers en "gelukkige mense" sal vir hul geluk bring, glo dié stam. Onderwys-standaarde is swak en slegs 1/10 van hulle is geletterd.

Hulle is hoofsaaklik plaasarbeiders, jagters of werk as arbeiders, soos straatveërs en skoonmakers in die stede. Hulle verkoop ook heuning as ‘n inkomste. Hul dieet sluit knaagdiere, akkedisse en paddas, wilde varke en slange in.

Die Yenadi's is vriendelik en oop mense en hul emosies kan maklik gelees word. Hulle hou van musiek en dans. Elke nedersetting beskik oor sy eie hoofman wat gerespekteer én gehoorsaam word. Sy woord is wet.

Ons werker word tans baie positief ervaar deur hierdie stam en ons wil graag die lig en liefde van God aanhou oordra aan hierdie nederige mense.>>

Ons het dus ‘n opleidingsentrum ontwikkel wat tans 25 kinders huisves waarvan sommiges nog nooit op skool was nie. Die paar kinders wat wel skool toe gaan moet oor ‘n lewensgevaarlike spoorlyn stap om by die skool te kom. Jonger kindertjies bly tuis. Dis juis hier waar ons program wil dienslewer.

Ons beskik oor ‘n Christen onderwyser wat ons help om die Christelike waardes in die leerplan in te sluit. Hierdie kinders is die toekomstige leiers van hierdie gemeenskap. Dink net hoe wonderlik dit sal wees as ons hulle kan toerus met Christelike waardes?

Hoe kan jy help?
Bid asseblief vir hierdie pragtige stam asook vir ons. Elke kind hier is wonderlik en uniek.
Ons benodig egter borgskappe vir:
* Maandelikse salaris vir die onderwyser: R1 000 pm
*Swartbord
*Skryfbehoeftes
*Een maaltyd per week, vrugte ingesluit

Die winter kruip hier ook stadig maar seker nader. Dit sal fantasties wees as elke kind ‘n warm trui kan aantrek in die komende Desember - die koudste maand in Andhra Pradesh.

YENADI vir CHRISTUS

Mariana Crook – Projekleier Colours of India by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bydraes asb na Helderberg Uitreik se rekening:
ABSA Helderberg,
Rek nr 9114 483 080,
Takkode 632005
Verwys: Colours of India
Swift-kode vir buitelandse donateurs: ABSAZAJJ

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri