'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Jesus is die Seun van God. Hy is God se Seun.

Maar te midde hiervan is Jesus se optrede en gewoontes nie altyd goed ontvang deur die mense van sy tyd nie. Jesus se maniere kom die heel tyd in stryd met die kulturele reëls en godsdienstige wette. Om dit eenvoudig te stel, Jesus breek die reëls van sy tyd. Die deursnit godsdienstige van die antieke tyd sou na Jesus en sy boodskap kyk en net glimlag.

Jesus se boodskap is so revolusionêr dat om Hom te volg moet jy alles opgee. En om hierdie boodskap by mense tuis te bring, het Jesus konstant in die moeilikheid beland.

Jesus kom morsig voor. Orals waar hy beweeg is daar ‘n oorvloed liefde, omgee en tyd. Hy laat toe dat vrouens duursame olie op hom uitgooi. Hy verdwyn wanneer sy volgelinge hom soek. Of nog erger hy lê en slaap. Hy maak belangrike mense kwaad. Hy vertel stories wat mense nie verstaan nie. Die dissipels is sonder ophou op soek na maklike antwoorde. Hy maak mense gesond op die Sabbat. Hy woon partytjies by en kom laat. As Hy kos maak dan bly daar genoeg oor vir ‘n stad om te eet. Hy spandeer tyd saam met slegte mense. Hy praat met vroue en maak erns met kinders. Jesus praat as hy moet stilbly en bly stil as hy moet praat.>>

Vanaf Jesus se eerste aand op aarde word hy sleg ontvang. Lukas 6 vertel vir ons hoe die godsdienstiges Jesus volg om valse bewyse teen hom te kry sodat hulle hom kan doodmaak.

Jesus is die heeltyd in die moeilikheid.

Hy breek die reëls en mense is ongelukkig met hom. Sy optrede is so vêr buite die boks dat dit mense vandag nog ongemaklik maak. Hulle probeer om Jesus te laat inpas by hulle wette en kulturele norme.

Maar dit is binne hierdie sogenaamde gewoontes wat Jesus vir ons kritiese waarhede oor God se liefde en verlossingsplan kom openbaar. Dis binne Sy optrede wat Hy vir die wêreld kom wys van God se liefde.

Deon Els

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri