'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

“Die vorm van aanbidding wat uit die standpunt van ons God en Vader rein en onbesmet is, is dit: om na wese en weduwees in hulle verdrukking om te sien en om jou sonder vlek van die wêreld te bewaar.” – Jakobus 1:27.

In ons gemeente sien die Versorgingsfonds namens ons almal om na die wese en die weduwees. Die fonds word aangevoer deur Hennie Smit, bygestaan deur Karen de Beer, Marié Kotzé (albei maatskaplike werkers) en vyf emosionele voogde en vyf finansiële voogde. Verder ondersteun omgeegroepe en professionele persone (wat insluit ‘n mediese dokter, psigiater, prokureur, asook die kliniek) hierdie projek kostevry.

Die span ondersteun tans 14 gesinne in die gemeente. Elke gesin word minstens een keer per maand besoek – die span doen dit op hul eie koste en eie tyd. ‘n Besoek is dikwels die enigste persoonlike kontak wat hierdie mense met die gemeente het en dit is maklik om in te sien dat só ‘n besoek nie net oor fisiese lewensmiddele gaan nie, maar dat Hennie en sy span waarskynlik die rol van vertrooster, berader en motiveerder moet speel.

Die fonds betaal ongeveer R72 000 per maand uit, maar ontvang slegs bydraes van ongeveer R25 000.>>

Die maksimum wat die fonds toestaan, is R6 500 per gesin en dit word slegs aangewend vir akkommodasie en kos. Dit beteken dat enkelouers met kinders soms gehelp kan word met ‘n eenvertrekwoning sodat hulle steeds naby genoeg aan die skool kan wees.

Bogenoemde statistiek vertel dat ons nie tans volhoubaar na ons wese en weduwees omsien nie en ons doen graag ‘n beroep op medegelowiges om hierdie projek mildelik te ondersteun.

Spesifiseer gerus die Versorgingsfonds wanneer jy ‘n bydrae kan maak en help ons om ook ons eie wese en weduwees te ondersteun. Die bydrae gaan via Helderberg Gemeente se bankbesonderhede, kliek hier asseblief.

Baie dankie vir die wat reeds bydra, dit maak ‘n groot verskil in mense se lewens.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri