'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ek wens alles het altyd gegaan soos ek dit beplan. Maar vroeg reeds moes ek hierdie harde les leer dit werk nie so nie. Ek het later gedink toe ek my hart vir die Here gee, nou uiteindelik gaan dinge reg loop, maar net om weer te ontdek dat om die Here te aanbid nie vir jou vrywaar van die harde werklikheid van hierdie aarde nie.

Om die Here te dien beteken dat God elke tree in hierdie harde werklikheid saam met ons stap. Ek het ook ontdek dat dit nie God is wat teleurstel nie, maar ek wat God teleurstel omdat ek so baie droogmaak, val, sukkel. Die hoop het daarin gelê dat ek ontdek het God is die God van tweede kanse. Nie net wanneer ek in my geloof val nie, maar wanneer die wêreld my stukkend kou en uitspoeg. Wanneer ek op my laagste is, het God nooit teleurgesteld weggestap nie, maar hy het by my kom sit en gesê: “Ek het ‘n droom vir jou”. Ek wil hê jy moet leef en leef met oorvloed. Ek wil hê daar moet passie en vreugde in jou lewe wees, maar Hy het my nooit gedwing nie, Hy het my net aangemoedig om self op te staan en weer te probeer.>>

Die Bybel is hiervan vol, vol van die wat die tweede kans gevat het en vreugdeloos geleef het en vol van die wat die tweede kans gevat het en met passie en vreugde geleef het. Ons staan ook nou voor ‘n uitdaging. Miskien is jy soos ek lankal verby ons tweede kans, maar God gee vir ons nog ‘n kans en nog ‘n kans. Kom luister na wat Jona, Simson en Petrus met hulle tweede kanse gedoen het en kom deel met ons jou tweede kans en wat jou plan is.

Daar is hoop. God sit langs jou en my en hy roep sy geliefde kinders om te lewe.

– Paul Barnard
Die deurkollekte gaan aan Hugenote Kollege.

Ons is opgewonde om weer eredienste te kan hou in die kerkgebou. Daar sal 'n oggend erediens plaasvind om 09:00 in die kerk en 'n aanddiens om 19:00 in die Kapel. Geen bespreking is nodig nie en Covid-protokol geld. Ons sien uit om jou te verwelkom. Die digitale eredienste gaan steeds voort op die gemeente se YouTube-kanaal, Facebook en webblad.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri