Dit is daardie oomblik wat ’n atleet vir geen verklaarbare rede net nie kan aangaan nie. Dis ’n oomblik waarbinne alle energie net eenvoudig verlore is. Dit lyk of hulle sterk gaan klaarmaak, maar dan vir geen spesifieke rede is daar net eenvoudig ’n insinking.

Nou net soos wat atlete ’n muur slaan, slaan ons ook iewers in ons reis met die Here ’n muur van nie-verstaan. Elkeen van ons bereik ’n punt in ons wandeling met die Here waar dinge nie vir ons sin maak nie. ’n Muur van nie-verstaan.

Die moeilike realiteit van hierdie muur is dat dit gebeur in enkele oomblikke. Dis nie ’n oomblik waarvoor ons voorbereid of reg voor kan wees nie. Ons kan dit nie sien kom nie. Hierdie muur van nie-verstaan kom vinnig op ons af. Soms kom dit in ’n oproep of ’n roetine checkup. Iewers in ons wandeling met die Here beleef ons iewers ’n onverwagse oomblik van ontnugtering.>>

As leraars van die gemeente stap ons gereeld die pad van nie-verstaan saam met lidmate. Ons huil saam. Ons wonder saam. Daar is selde ’n week wat verbygaan wat een van ons nie vra dat die ander sal saam bid vir ’n lidmaat wat deur moeilike waters navigeer nie. Ons vra vir gebed en ondersteuning want dit is moeilik om week in en week uit saam te stap in nie-verstaan oomblikke.

Die kern vraag van Sondagoggend, Watter instrument gee die Bybel vir ons om hierdie nie-verstaan oomblikke te oorleef?

– Deon Els

Die deurkollekte gaan aan Projek vir Haweloses.

Ons is opgewonde om weer eredienste te kan hou in die kerkgebou. Daar sal 'n oggendiens plaasvind om 09:00 in die kerk en 'n aanddiens om 19:00 in die Kapel. Geen bespreking is nodig nie en Covid-protokol geld. Ons sien uit om jou te verwelkom.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri