Ons as projekspan fokus uiteraard op instansies wat geskep is om “haweloosheid” aan te spreek en wel daar waar daar bestaande struktuur is. Ons missie verwoord dit as volg: “Ons reik uit na haweloses in die Helderberg-omgewing en fokus op verantwoordelike betrokkenheid by hul geestelike en fisiese nood”.

“Haweloses” word deur ons gekategoriseer as mense sonder werk en dus met geen inkomste en ook meestal geen heenkome of verblyf. Baie bevind hulle dan op straat waar hulle begin bedel en aan misdaad en alkohol/dwelm misbruik blootgestel word. Kinders is ongelukkig ook deel van hierdie groep.

Alhoewel ons betrokke is by 6 projekte, wil ons met vanjaar se getuienis slegs fokus op “Bright Lights”, want hier word na hawelose kinders omgesien. Ons ander projekte is “Helderberg Street People’s Centre” of sgn. “Thomas House of Hope”, Terioskool (ook gemik op kinders uit disfuksionele families), “Somerset West Village Garden”, die Nagskuiling en nou ook die nuwe Familieskuiling.>>

“Bright Lights”, geleë in Edgarstraat langs die treinspoor in Somerset-Wes, is ‘n inisiatief van die ACVV en akkommodeer 20 straatkinders wat tans wissel in ouderdom van 8 – 18 jaar. Hier het hulle akkommodasie, 3 etes per dag en basiese “in-huis” skoling in Afrikaans, Engels, Wiskunde en godsdiens. ‘n “I-Wise” leesprogram word ook aangebied en hiermee word dringend hulp benodig deur vrywilligers vanuit ons gemeente.

Die kinders word ook daagliks geneem na skole in die omgewing soos Rusthof-Elsen Skool en Altena Skool.

Ons het ‘n bietjie gaan gesels met Tilda Smith en haar assistent, Chris Pietersen en ‘n video opname hiervan gemaak. Hierdie opname sal gebeeldsend word op Sondag 19 September as ons Projekspan se getuienis.

Tilda is al ‘n paar jaar betrokke by “Bright Lights” as sosiale werker, maar is onlangs aangestel as voltydse Operasionele Bestuurder. Dit het vir ons opgeval hoe omstandighede by “Bright Lights” verbeter het sedert Tilda daar in beheer is. Veral dissipline is merkbaar opgeskerp en waardes soos respek, kennis en liefde was vir ons meer merkbaar as voorheen. Op die video kan ook gesien word hoe sy die kinders inspireer en deurentyd benadruk hoe daar gevolge (“consequences”) sal wees na ongehoorsaamheid.

Van die gevolge is lekkergoed wat weerhou word, Vrydagaand-films wat nie gekyk mag word nie en om vroeg (nl. 19:00) te gaan slaap.
Tilda sê vir ons dat weglopery sonder toestemming drasties afgeneem het. Sy is bepaald die regte persoon en haar 100% betrokkenheid maak ‘n groot verskil.

Ons wil jou vriendelik versoek om:
• Voort te gaan om te bid vir die baie en toenemende aantal haweloses
• Voort te gaan om ons finansieel te ondersteun
• Betrokke te raak soos bv. met die genoemde “I-Wise” leesprogram en
• Om te help met ‘n klein bietjie opknapping wat tans nodig is vir die gebou.

Ons is baie dankbaar vir elke bydra.
Arnold Prosch

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri