'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Sagaria 8:1-11 en 16-17
Die wêreld hou van mense wat sterk lyk – mense wat lyk asof hulle in beheer is van ’n situasie. Ons besef in hierdie Covid-tyd dat ons maar sukkel om in ons eie krag sterk te wees. Ons voel maar broos en magteloos. En juis in hierdie tyd help die Bybel ons. In Sagaria 8 lees ons twee keer die volgende woorde: “Hou moed” (vv 9 en 13). Letterlik staan daar in die oorspronklike teks “Laat julle hande sterk wees”.

Waar kry ons hierdie moed, sterkte en krag? Telkens lees ons in Sagaria 8 die woorde “Here, Heerser oor alle magte”. In ’n onseker tyd het die Here vir sy volk krag gegee om te besef dat niks by Hom onmoontlik is nie (v 6). Hy het vir hulle krag gegee om weer te droom oor die toekoms (vv 4-5). Hy het vir hulle krag gegee om reg te doen ten spyte van omstandighede (vv 16-17).

Ons weet dat hoe meer jy oefen, hoe sterker word jy. Die afgelope maande was ’n tawwe oefening. Die Here kan ons help om sterker uit die Covid-tyd te kom. – Danie O’Kennedy

Die deurkollekte hierdie Sondag gaan vir Heaven-on-Earth Project.

Die trokkiekerk begin om 09:00 en jy hoef nie vooraf te bespreek nie. Al reën dit gaan die diens voort. Die digitale eredienste is steeds op die gemeente se YouTube-kanaal, Facebook en webblad.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri