'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Onwetend van mekaar, het lidmate van die Helderberg Gemeente in 2000 begin om groente van boere te kry om aan lidmate in finansiële nood te skenk en ander lidmate het weer die maatskaplike en emosionele nood raak gesien en begin berading gee.

‘n Buitegebou, die “Murasie” en ‘n noodnommer is deur die kerk voorsien, om ‘n lokaal vir berading moontlik te maak. Na ‘n inbraak word die risiko van die afgesonderdheid van die perseel besef en stel die predikante hulle kantore vir sommige afsprake beskikbaar. Dit is ‘n vrywillige diens en wanneer van hulle huise af gewerk word, dra die vrywillige werkers alle kostes, administrasie materiaal, petrol en telefoonkostes ens, self.

Op hierdie stadium het die Dienssentrum ook tot stand gekom om klere en kos vir mense in nood te voorsien. Alimentasie word moontlik gemaak deur die kerkraad sodat geld aan lidmate in nood voorsien kan word. Hierdie vrywillige werk was onder beskerming van die Helderberg Uitreik gedoen. Baie veranderinge het in die gemeente plaasgevind totdat dit mettertyd ‘n visionêre gemeente geword het. So het Helderberg Uitreik tot stand gekom om die verskillende projekte te kan hanteer en koördineer.>>

Herstrukturering vind plaas en later word die Versorgingsfonds (op daardie stadium Maatskaplike Sorg en Professionele Dienste) onder die Onderlinge Sorg bediening ingedeel. Die finansiële nood van onder andere lidmate wat ’n enkel ouer is of lidmate wat hulle werk verloor het, word as ‘n ernstige nood situasie ervaar. Lidmate slaap in hul motors en daar is nie kos op die tafel nie. Geen heenkome en inkomste vir die betrokkenes.

Die struktuur en fokus van hierdie projek verander oor die jare radikaal. Professionele mense se gratis hulp word gevra. ‘n Groep wat emosionele ondersteuning kan gee, word gewerf en ‘n ander groep vrywilligers wat kan help met beplanning van die persone se finansies en ondersteuning op daardie gebied, word gewerf. Die lidmate kan dus nou holisties hanteer word. Maatskaplike -, mediese-, psigiatriese- en sielkundige hulp kan voorsien word. Daar word ook van ‘n prokureur, tandarts en haarkapper se hulp gebruik gemaak. Die projek staan dus nou op twee bene, maatskaplike sorg sowel as finansiële ondersteuning. Die hulp wat aangebied word, raak al meer sinvol en lidmate in nood begin weer stadig op die been kom. Die projek word ook aan ‘n leraar toevertrou.

Op daardie stadium bestaan die span gemiddeld uit twaalf lede. Lede van die projek doen dan ook kursusse oor luistervaardighede, kommunikasie en trauma hantering. Byeenkomste saam met ‘n mentor, ‘n professor in maatskaplike werk, word ook gereël om hulpwerkers/emosionele ondersteuners toe te rus met die nodige vaardighede. Almal vrywillige werkers wat 24-uur per dag beskikbaar en verantwoordelik is.

Alimentasie was nie meer voldoende nie en die projek moes begin om vir sy eie finansies verantwoordelikheid te aanvaar. Die hulp van Helderberg se lidmate word gevra en oorweldigende reaksie word verkry as mense begin om hulle hart en hande met oorgawe oop te maak vir mede-lidmate in nood. Die gemeente word gereeld ingelig oor die vordering van die projek en waar nog behoeftes bestaan. ‘n Beleid word saamgestel om seker te maak dat die vrywillige werkers verantwoordelik binne ‘n spesifieke kriteria optree en dat lidmate in nood se samewerking en vordering verkry word, sodat hulle weer op hulle eie in die samelewing kan funksioneer. Dit gaan om oorlewing en geen luukses kan bekostig word nie. Daar word met groot sorg en verantwoordelikheid gewerk met die geld en middele wat van vrygewige lidmate ontvang word. Sommige kos word aangekoop uit die projek se finansies, maar skenkings wat die Dienssentrum ontvang, word ook aan lidmate voorsien deur die Dienssentrum.

Gesinne/lidmate in nood kom en gaan. ‘n Gemiddeld van 15 gesinne word versorg met plus-minus R70 000.00 uitbetaling per maand.
Suksesverhale word jaarliks gedurende die projek se spreekbeurt aan die gemeente vertel en daar word ook in die gemeente se kommunikasie terugvoer gegee. Bewusmaking aksies vind voortdurend plaas. Verkopings om fondse in te samel, word gehou, omgeegroepe en individue word persoonlik gekontak en die projek ontvang ook erflatings.

Die dringendheid en noodsaaklikheid van ‘n maatskaplike werker in diens van Helderberg Gemeente, was altyd ‘n behoefte. Met dank aan ons Hemelse Vader, Onderlinge Sorg span, predikante, kerkraad en Rentmeesterspan in samewerking met die Versorgingsfonds se finansiële span, kon dit wel hierdie jaar realiseer. Die maatskaplike werkster is met ingang van Mei 2021 aangestel. ‘n Derde van haar salaris word deur die kerkraad betaal en twee derdes deur die projek self.

Tans bestaan die projek uit elf lede en professionele mense wat hul dienste gratis aanbied.
Die rol van die maatskaplike werker kan as volg opgesom word:
- Om die mens in finansiële nood te oortuig en te lei dat hulle self die potensiaal het om ‘n beter bestaan te kan maak;
- Om met integriteit aan te hou met leiding sonder om self diegene wat gehelp word se verantwoordelikheid oor te neem;
- Die volgehoue strewe na die verandering van die situasie; en
- Voortgesette bemagtiging van begunstigdes – om heeltyd daarteen te waak dat ‘n afhanklikheidskultuur gevestig word.

Om betrokke te wees by ander mense se probleme is bevredigend, maar slegs as dit tot eer en verheerliking van Sy Naam kan wees, tot uitbreiding van die Hemelse Koninkryk en gehoorsaam aan die Woord. Jakobus 1:27.

Saamgestel deur Marie Kotzé en Hennie Smit

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri