2021 is ‘n ongelooflike spesiale roepingsjaar vir HOEP! ‘n Jaar waarin ons aanvanklik addisionele opleidingsmateriaal wou byvoeg tot ons program… Maar God het ander planne gehad en HOEP kon nie anders as om te volg nie.

Alle eer aan ons Hemelse Vader wat HOEP se voetspoor in so ‘n mate vergroot het, dat 70 skooltjies in die Wes-Kaap en 4 in Jakarta, Indonesië, tans van HOEP se Vroeë Remediërende Intervensieprogram gebruik maak. Die areas waarin ons tans opleiding, monitering en kwaliteitskontrole doen, asook werkboeke verskaf, sluit Khayelitsha, Delft, Mitchell’s Plain, Macassar, Firgrove, Asanda Village, Nomzamo, Strand, Grabouw, Botrivier, Klapmuts, Kylemore en Franschhoek in. Deur die HOEP program word opvoeders bemagtig om nie net ‘n veilige hawe en kos aan die jong leerdertjies in hul sorg te bied nie, maar om die 4- tot 6-jarige leerders (Graad RR en R) ook op akademiese vlak te stimuleer en op ‘n effektiewe manier tot skoolgereedheid te lei.>>

Die opdrag oor wat die volgende stap moet wees was eensklaps helder en duidelik: “Ek het die deure na AL hierdie skooltjies vir julle oopgemaak, bedien nou die kleintjies met My Woord…”

Dit was gelukkig nie moeilik om die “hoe?” uit te pluis nie… In ons Intervensieprogram werk ons weekliks volgens temas en daardie temas moes net verder uitgebrei word om God se Woord oor te dra. Ons opwindende nuwe boek: “Kuns vir Koningskleuters” is dus tans in wording en terwyl dit geskryf word, word dit reeds vir vanjaar se leerdertjies gebruik.

Daar word geverf, geplak, geknie, gebak, gebrou en borrels geblaas. Die leerders sien en voel die kunswerkies terwyl hulle dit maak en hulle hoor die boodskap – elke moontlike sintuig word betrek om die Woord van God oor te dra. In so ‘n onlangse kunssessie het die leerders die mooiste potte uit ‘n eenvoudige sout en meelmengsel gebak en geverf. Mag hulle die les wat hulle hierdeur geleer het vir altyd met hulle saamdra:
Wanneer ‘n kleipot val en breek, of wanneer dit in die oond bars, is dit nie klaar met daardie klei nie. Pottebakkers vat al die stukkies van die gebreekte pot en maal dit fyn. Hulle noem dit “grog”. Hulle meng die grog dan met nuwe klei en maak weer ‘n pot. Potte wat van grog gemaak is, is sterker as ander potte. Hy maak ‘n mooier en sterker pot as ooit tevore daaruit.

God sal ook nooit moed opgee met jou en my nie. Hy kan ons stukkende lewens heel maak as ons Hom vra.

Baie dankie aan elkeen wat ons deur julle finansiële ondersteuning en gebede help om te belê in die lewens van die kinders van ons land. Dankie dat julle saam met ons lewende tempels help bou. Lees gerus meer oor ons projek: www.hoep.org.za

Projekleier aan Helderberg Uitreik kant: Anton van Geest
HOEP-Stigter en Finansiële Bestuurder: Campher Serfontein
Operasionele Bestuurder: Sunette Erasmus

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri