www.truth2kids.org

Vir die Truth2kids span is dit ‘n vreugde om die waarheid van God se Woord te bring aan kinders in gemeenskappe, skole en kleuterskole. Ons wil alle eer aan die Here gee vir al die geleenthede wat Hy deurentyd vir ons geskep het ten spyte van die pandemie uitdagings. Ons is dankbaar vir elkeen van die omtrent 900 kinders wat in 26 Bybelklubs bereik kon word vanaf die begin van die jaar. Sommige klubs word buite gehou en op ander plekke word die stoeltjies ver uit mekaar gepak sodat kinders mooi met hul maskers veilig kan deelneem. Sommige skole gee nou ook weer vir ons geleentheid in klastyd. Dit is ‘n groot vreugde om te beleef hoe leergierig die kinders is om meer oor God te leer en hoe pragtig hul waarhede onthou en spontaan tot eer van die Here sing. Ons gebed is dat hul Jesus as enigste Verlosser sal volg.>>

Op 6 Mei en 5 Augustus kon ons werkswinkels hou vir die toerusting van Bybelklubhelpers. Dit was heerlik om die persone wat dit bygewoon het se entoesiasme te beleef waar ons saam idees kon deel en geestelik versterk kon word. Verlede kwartaal het ons ‘n lesreeks oor die vroeë kerk behandel wat begin het by die bewyse van die opstanding van Jesus in die eerste les, waarna ons die kinders verder kon leer oor die Heilige Gees as ons helper. Hierdie kwartaal behandel ons ‘n lesreeks oor die lewe van Josef wat die kinders baie geniet. Hulle leer dat God soewerein en in beheer is, al voel dit vir ons of dinge anders uitwerk as wat ons verwag het.

In die Strand “Bevely Hills” area (waar daar groot armoede is) kon ons 6 ouerleiding byeenkomste hou. Ons wil graag die vroue bemoedig om te weet dat God hulle wil versterk en leiding gee vir die groot taak van ouerskap. Dit was lekker om hulle te kon bederf met o.a varsgebakte muffins en Bybelstudieboekies wat hul met hul kinders kan deurwerk, en so gesinsverhoudings kan bou en versterk.

Truth2kids is ‘n geloofsprojek en is dus afhanklik van donateurs om die bedryfsuitgawes te dek. Kontak ons gerus indien jy graag betrokke wil raak by ons projek deur ‘n finansiële bydrae te maak sodat kinders steeds geestelik versterk en opgebou kan word. Jy kan ook help deur gebedsondersteuning en betrokkenheid by Bybelklubs of bv kospakkies, of kinderklere te skenk aan kinders en gesinne wat swaarky. Baie dankie ook aan almal wat ons projek ondersteun, ons waardeer dit só baie.

Projekleier: Sus van Niekerk
Koördineerder: Minette Krog

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri