'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Mense reageer verskillend in krisistye: Sommige raak baie angstig en negatief; Ander voel lam en kan niks doen nie; Party baklei onder mekaar en gee ander die skuld; Daar is diegene wat mag misbruik en vals nuus versprei; Sommige raak baie geestelik, maar doen min.

Wat verwag die Here van ons om nou te doen? Die Bybel het in krisistye ontstaan en daar is talle verhale wat ons hiermee kan help. Een so ‘n verhaal is dié van Nehemia. Nehemia hoor van die ernstige krisis in Jerusalem – die muur van Jerusalem is afgebreek en die stadspoorte verwoes (Neh 1:1-3). Wat doen Nehemia? Hy glo dat sy Almagtige Here hom kan help. Hy treur, maar bid ernstig tot die Here (1:4-11). En hy probeer om iets te doen. Hy gaan spreek die koning van Persië (2:4-5). Hy gaan na Jerusalem en moedig die mense aan om die muur te herstel. Hy ontvang kwaai teenstand, maar raak nie moedeloos nie. Hy volhard om goed te doen en op die ou-end is die muur voltooi (6:15-16).>>

Wat vra die Here van my en jou om nou in ons moeilike omstandighede te doen? Nehemia help ons om te glo, te bid en te werk. Sien jou by ons inrykerk of digitale eredienste. – Danie O’Kennedy

Die inrykerk begin om 09:00 en jy hoef nie vooraf te bespreek nie. Daag net op en bring sommer jou koffie en eetgoed saam en geniet dit saam met ons. Die digitale eredienste gaan steeds voort soos normaal op die gemeente se YouTube-kanaal, Facebook, webblad en jy kry 'n skakel op WhatsApp.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri