'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

“I seriously underestimated the financial cost of preparing and caring for a baby...”

Tydelike veilige sorg-ouers of kanga-ouers soos hulle ook bekend staan, maak plek in hul huise en harte om die mees kwesbaarste in die samelewing in te neem en lief te hê – meestal ten koste van hulself. Nie net fisies en emosioneel nie, maar ook finansieel.

Die kanga&roo-projek het vyf jaar gelede ontstaan om Tydelike Veilige Sorg-ouers wat babas versorg wat wag op aanneming, finansieel by te staan met die voorsiening van formule melk, weggooidoeke en baba-afvee doekies. Ongeveer 80 babas vind jaarliks baat by die projek.

Ons het die volgende dankie-briefie ontvang van Elsabe Esterhuizen, een van die Tydelike Veilige Sorg-ouers wat deurlopend 6 babas versorg:
“Duisend dankies vir die ruim donasie van nodige babaprodukte. In hierdie inperkingstyd het baie van ons gereelde donateurs ook finansiële uitdagings en hou bietjie terug. Wat ons dan direk raak. Maar daar is altyd weer ENGELE soos julle om ons hande hoog te hou.”>>

‘n Nuwe Kanga-mamma, Naomi Grasman, skryf die volgende:
“As a first time kanga mom I seriously underestimated the financial cost of preparing and caring for a baby, especially a preterm baby. The R800 from the kanga&roo project is a huge blessing every month and I am so grateful to Helderberg Outreach for this generous inisiative! Thank you so much!”

Aangesien die staatstoelae vir die versorging van die babas onvoldoende is en ook baie maal laat of glad nie uitbetaal word nie, maak die hulp wat deur die kanga&roo-projek verleen word dit vir kanga-ouers moontlik om JA te sê om babas in te neem.

Ten spyte van die inperking wil ons graag hierdie jaar weer ‘n “Baby Wipes Drive” hou soos ons die afgelope 2 jaar gedoen het. Ons vra dat pakkies baba-afveedoekies by die kerkkantoor afgelaai word. Daardie R30-pakkie afveedoekies voel dalk nie na ‘n groot bydrae nie, maar vir die kanga-ouers wat weekliks ‘n pakkie opgebruik, maak dit ‘n groot verskil. Plaas asseblief vir ons ‘n pakkie baba-afveedoekies in jou trollie met jou volgende kruideniersware aankope. Ons verkies asseblief die pakkies wat as “sensitive” gemerk is vir ons babas se delikate velletjies. Ons ander behoeftes is ook Lactogen 1 formule melk en Huggies/Pampers nr 0-3 weggooidoeke.

Baie dankie vir elkeen wat bydra sodat die kanga-ouers kan fokus op die liefhê en versorging van die babas en nie op die finansiële las wat daarmee saamgaan nie.

Projekleier: Karin Alheit 

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri