'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Liewe Helderberg-gemeentelid 

Oor die afgelope 52 jaar is ons as gemeente onderskeidend besig met die opbou van die Koninkryk van God. Ons leef met ’n passie vir God en ’n hart vir mense en ’n wêreld in nood. Ons grootste getuienis is dat die lig van Christus helder brand in huishoudings, besighede en verhoudings regoor die wêreld deur elkeen van ons lidmate.

Ons wil graag dankie-sê vir elkeen wat oor die jare ‘n finansiële bydrae maak om hierdie roeping te sien groei. Daarsonder sou niks moontlik gewees het nie.

Die Rentmeesterspan het oor die laaste paar weke onderskeidend besin oor die gemeente se huidige finansiële posisie en wil graag die volgende belangrike inligting met julle deel.

Dit is met groot dank dat Helderberg Gemeente ‘n gereelde maandelikse bydrae van sowat 490 lidmate ontvang. Sonder hierdie bydraes kan die gemeente nie salarisse of algemene oorhoofse kostes van Helderberg Gemeente of Helderberg Uitreik geadministreerde projekte betaal nie. Verder gee 228 lidmate ook ‘n maandelikse bydrae direk vir Helderberg Uitreik geadministreerde projekte en gemiddeld 54 lidmate gee 'n maandelikse bydrae vir die Versorgingsfonds.>>

Ons statistiek dui aan dat ons 'n groeiende gemeente is met 5 034 belydende lidmate en 2 021 dooplidmate. Ons is diep dankbaar dat 18% van ons 2 833 huishoudings ’n maandelikse bydrae aan die gemeente maak. Ons vra jou hulp om hierdie persentasie te verhoog sodat ons die bediening van die gemeente kan volhou.

Ons besef dat die huidige ekonomiese klimaat en Covid-pandemie ‘n massiewe impak op ons almal het. Ons besef dat soveel van ons huishoudings en die gemeente self se situasies verander het. Daarmee saam gaan ons as gemeente in geloof voort om teen volle kapasiteit ons roeping en bedieninge uit te leef met die vertroue dat God sal voorsien.

Ons wil vra dat jy saam met ons in gebed sal tree oor hierdie saak. Stap saam met ons hierdie uitdagende seisoen binne. Bid daaroor en oorweeg om jouself te verbind aan 'n maandelikse dankoffer aan Helderberg Gemeente. 'n Deurlopende maandelikse dankoffer stel ons in staat om ons bedieninge deur deeglike beplanning te maksimeer.

Ons is in volle vertroue dat die goedheid, genade en liefde van God so sigbaar in jou lewe is dat jy nie anders kan as om jou dankoffer aan Sy kerk te gee nie.

Vind gerus die skakel na die debietordervorm, kliek hier. Met dank van die Rentmeesterspan

 

Chris Eagar
Rentmeester Voorsitter

Stap saam met ons. Ons deur staan oop. Vir meer inligting of navrae kontak Antoinette du Toit by 021 851 5582 of e-pos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. 

Bankbesonderhede
Bank: ABSA Bank, Somerset-Wes
Rek naam: NGK Helderberg
Tipe rek: Tjek rek
Rek nr: 2900 590094
Takkode: 632 005

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri