Sommige reken die onlangse gebeure in ons land is die begin van die einde. Vir ander weer is ons op die einde. Koerante vlieg van die rakke af met opskrifte soos “Just the beginning”. Mense is onseker. Die kassier by Pick n Pay vertel my dat hulle Saterdagoggend vroeg moes inkom om te help “restock”. Die rakke is leeg gekoop. Hier is ‘n nuwe seisoen wat aanbreek vir Suid-Afrika.

Regdeur die Bybel lees ons van oorgangstydperke. Ons lees van volke, gelowiges en dissipels wat nuwe seisoene moet aanpak. Die goeie nuus is dat die Here die weg van elke nuwe seisoen ken. Hy ken die pad. So baie male gebeur dit dat gelowiges knus by die voete van Jesus wil wegkruip met die aanbreek van ‘n nuwe era.

Hierdie komende Sondag gesels ons oor hoe Jesus hierdie wêreld saam met ons wil binne stap. Hoe help die groter narratief van die Bybel ons om te reageer op die nuwe seisoen. - Deon Els

Die dienste is beskikbaar op ons YouTube-kanaal, ons Facebookblad, webblad en ook op die gemeente se WhatsApp-groep. Sondag se deurkollekte gaan vir dankoffer.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri