Helderberg Gemeente ondersteun die Omonia-gemeente (Omonia Church of Christ) en Agapé Christian Ministries (ACM) in Athene, Griekeland, fisiek en emosioneel in hul bediening aan vlugtelinge van lande soos Sirië, Irak en Afghanistan.

Die Omonia-bediening in Athene moes, soos die res van die wêreld, aanpas by die beperkinge wat deur ’n inperking (lockdown) veroorsaak is. Aanlyn ontmoetings het onverwagse voordele meegebring, omdat mense van reg oor die wêreld kon inskakel om die preke te kyk.

Daar word naas die aanlyn eredienste ook verskeie aanlyn dissipelskapklasse per week aangebied, gemik op nuwe Christene, kinders en gesinne. Van die gesinne wat intussen na ander lande in Europa verhuis het, skakel ook by hierdie sessies in. Só word die gemeenskap van nuwe gelowiges steeds bedien en ondersteun. Die langtermynvrywilliger Laura Vermeulen, operasionele bestuurder van die Agapé Projek, het ook begin met aanlyn Engelse klasse.

Ander werk duur steeds voort, en die vlugtelinge word steeds bygestaan met asiel-, behuising-, gesondheid- en skoolkwessies, sowel as met inkopiekoepons.>>

Helderberg Uitreik se Omonia-projek het Laura finansieel ondersteun totdat sy haar huis in Skotland verkoop het en haar permanent in Athene gevestig het. Aangesien Laura nou selfstandig in Athene woon, het die projek ’n bedrag van 600 Euro (50 Euro per maand) aan die Omonia-span bewillig om elke maand, na gelang van die omstandighede, ’n spesifieke behoefte aan te spreek. Ons noem dit die “From Helderberg with love”-skenking.

“The Omonia Church community has grown and is stronger than ever, even during these difficult times. We know God is with us and we strongly feel His presence as we share His love with His children from all over the world,” skryf die gemeenteleiers Eleni en Alexander Melirrytou.

Die plan vir die komende jaar is om steeds emosionele ondersteuning, voorbidding en praktiese hulpverlening aan die bediening te bied.
Projekleier: Pia Nänny 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri