Die Helderberg Beradingsentrum, deel van Helderberg Uitreik, streef daarna om ‘n ruimte te skep waar individue, gesinne en families van die gemeenskap emosionele ondersteuning kan ontvang en bemagtig word in hul proses van heelwording. Die sentrum beleef steeds uitdagings, soos almal tydens die Covid-pandemie, maar tog kon die beradingspan die afgelope drie maande 99 beradingsessies aan persone lewer via Zoom, telefoon of in-persoon.

Ons is nie sielkundiges of psigiaters nie en verwys dienste na die gepaste professionele persone in sulke gevalle. Ons kon tydens hierdie drie maande ses mense verwys na sielkundiges en psigiaters vir wie se dienste ons baie dankbaar is. Die sentrum kan lidmate en nie-lidmate ondersteun met betrekking tot verhoudings, selfbeeld, huwelik, rou, egskeiding, ouerleiding, stres, uitbranding, depressie, angs en trauma.

Op die oomblik het ons ‘n behoefte aan gebede, donasies en rusbanke vir die beradingslokale. Besoek ook gerus ons Facebookblad, Helderberg Beradingsentrum, of kontak ons by 079 417 3863 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir meer inligting.

Projekleier is Louise Jacobs by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri