Ons raak bietjie senuweeagtig wanneer ons die volgende vier woorde hoor: “My fellow South Africans...” Na ons President se familie-byeenkoms Dinsdagaand moet ons ook sê: My medegelowiges, ongelukkig gaan daar nie dienste binne die kerk gehou word op die stadium nie. Maar daar sal steeds ‘n huiskerk-uitsending op ons YouTube-kanaal wees en ook skakels van die diens op die webblad, Facebook en die gemeente se WhatsApp-groep.

Intussen bly ons steeds bid vir al die mediese personeel, ons kinders en studente en veral almal wat op een of ander manier geraak word deur Covid-19 – die wat siek is en hul familie, asook die wat ‘n geliefde verloor het. Ons bid saam vir ons land en mense.

As jy met iemand wil praat kontak asseblief die Beradingsentrum (079 417 3863 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) of die kerkkantoor (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.).

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri