'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helderberg Uitreik se 38 projekte kon die afgelope jaar, ten spyte van die inperkings en uitdagings daarin slaag om direkte dienste aan 71 866 mense te lewer. Hierdie dienste sluit mediese dienste, beradings- en ondersteuningsdienste, voorsiening van lewensmiddele en versorging, vroeë kinderjare-ontwikkeling, ontwikkelingsprojekte vir tieners en volwassenes, asook Evangelisasiebedienings in.

In die woorde van ons Voorsitter, Kotzé van Wyk:
Die drie woorde wat vir my hierdie jaar uitgestaan het, is “uitdagend”, “aanpasbaar” en “innoverend”.

Uitdagend: Totale afsluiting van mekaar weens Covid-19 en hierna die onsekerheid van wat die regte besluit is in die omstandighede wat met beperkte kontak gepaard gaan. Meeste van die projekte wat in die gemeenskappe werksaam is, kon nie voortgaan met hulle normale aktiwiteite gedurende die grendeltydperke vlakke 5, 4 en 3 nie. Projekte moes bykomende maatreëls tref weens die pandemie.>>

Aanpasbaar en innoverend: Ons projekte en die leiers daarvan het egter aangepas en innoverend aan die werk gespring. Digitale platforms soos video’s met WhatsApp boodskappe, Zoom en ander maniere is gevolg om veral opleiding, ontwikkeling en onderwysmateriaal en die Evangelie-boodskappe by gemeenskappe te kry. Die Dienssentrum het honderde kospakkies aan gesinne verskaf. Die Rampverligtingsprojek kon ondersteun as gevolg van die spesiale Covid-19 Rampfonds wat gestig is en meer as R500 000 in noodverligting aan gesinne, projekte en kleinbesighede wat weens Covid-verwanteverlies aan inkomste, voorsien. Bederfpakkies is aan verpleegpersoneel, skoonmakers en sekuriteitspersoneel van hospitale voorsien (Rampverligtingsprojek) so ook aan bejaardes by twee tehuise en hulle personeel (Seniorsorgprojek). Nanomarket het via Helderberg Uitreik 300 koopbewyse @ R500 elk aan gesinne wat in behoefte verkeer, voorsien. In samewerking met Stad Kaapstad wyke 15 en 84 kon verdere koopbewyse versprei word. Helderberg Hospitaal-projek het bedefpakkies aan die verpleegpersoneel van Helderberg Hospitaal voorsien om hulle te bemoedig gedurende die baie moeilike tyd. Die Beradingsentrum moes ook spesiale aandag gee aan kliënte wat erge emosionele druk weens Covid-19 ervaar het. Zoom-sessies is hier innoverend ingespan.

Ons het met dankbaarheid vir die goeie werk oor lang tye Mosambiek Landbouprojek gesluit met Deon van der Vyver as projekleier daar en ons is opgewonde en verwelkom Colours of India met Mariana Crook en Makwe Missie met Nick Olivier as projekleiers onderskeidelik as nuwe projekte.
My verdere gewaarwording was die alomteenwoordigheid van God in wat gebeur. Of dit was in ’n zoom-vergadering van mense wat sit in Somerset-Wes, Johannesburg, maar ook in die VK en in Indië, was ons bewus daarvan. Ook sommer net in die lekker van gesinne wat forseer word om weer bymekaar te wees en te gesels en te kuier en nuwe herinneringe saam te skep.

Louise Theron - Bestuurder van Helderberg Uitreik

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri