'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons almal wil geken word, jare terug was daar ‘n reeks op TV, Cheers, en die slagspreuk was: “Where everyone knows your name”. Almal van ons wil geken word, geliefd wees. Die kerkwoord hiervoor is gasvryheid, maar ons het die afgelope paar jaar interessante inhoud gegee aan die woord gasvryheid. Vir party beteken dit om te onthaal, om die beste voor te sit, om die gaste te hanteer soos koninklikes, die beste eetgerei word uitgehaal en daar word uit die koppies gedrink wat net vir spesiale geleenthede gebruik word.

Die vraag is of dit regtig gasvryheid is, gasvryheid waarvan die Bybel praat is om mense te laat ervaar hulle het tuisgekom, hulle kan hulle skoene uitskop en ontspan. Hulle hoef nie enige iets voor te gee nie, hulle kan maar net hulleself wees, want gasvrye mense is net hulleself. Dit skep ‘n punt waar mense in egtheid by God kan tuiskom. Ons lees saam in Efesiërs 4 van hoe so 'n gemeente lyk. Kom wees gasvry saam met Paul Barnard.

Sondag se diens is beskikbaar op ons webblad en YouTube-kanaal. Sondag se deurkollekte gaan vir “Colours of India”.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri