'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons visie is missionêr met die intensionele evangelisering en dissipelmaking van onbereikte volkegroepe met die oog op Koninkrykuitbreiding en kerkplanting in Sri Lanka. Ons doen dit saam met ons vennoot, die Christian Reformed Church in Sri Lanka (CRCSL).

Helderberg Uitreik het reeds sedert 2003 ‘n kosbare verhouding en vennootskap met die CRCSL. Die vennootskap sluit 3 sending bedienings in op verskillende gebiede op die eiland. Albei bedieninge val 100% in met die visie. Mense word bekeer vanaf Boeddisme-, Hindoeisme- en Moslem gelowe in onbereikte gebiede. Die ondersteuning behels gebeds-, emosionele- en finansiële ondersteuning. Met laasgenoemde betaal ons die plaaslike evangaliste se salarisse en bedieningsuitgawes.

Albei bedieninge brei in so ‘n mate uit dat nog gemeentes gestig is en word. Nie-gelowige kinders wat by programme inskakel asook nie-lidmate neem deel aan aktiwiteite.  Tans word daar by een van die bedienings van skole en huise gebruik gemaak om byeenkomste en eredienste te hou. 

Bo en behalwe die Sondag eredienste is daar ook Sondagskool, pastorale versorging, jeugprogramme, Engelse klasse, rekenaarklasse,  naaldwerkklasse, gratis mediese kampe (klinieke), Engelse- en Sinhala-klasse, klasse vir Skoonheidsdeskundiges en armoedeverligting vir weeskinders.  Hoenderboerdery-klasse,  groepe vir alkohol afhanklikes, geletterdheidopleiding en seminare vir egpares vind ook plaas.  Die inisiatiewe is almal intensionele klasse wat ook deur nie-gelowiges bygewoon word ten einde hulle in die kerk in te nooi.  Binne die kerkgebou kan evangelisering vrylik plaasvind, maar nie enige plek buite die gebou nie weens die Anti-Conversion Law. Daar vind soms inmenging plaas deur Boeddhiste en Hindoes wat probeer keer dat mense die Christen geloof aanneem.

Gesprekke en kommunikasie met die CRCSL word deurgaans gehou met die leraars.  Daar is totale eensgesindheid tussen Helderberg Uitreik en die CRCSL en die ooreenkomste word gereeld opgedateer en verleng. 

Samevatting

Mense kom tot bekering, dissipelmaking vind plaas, daar word intens in jeugleierskap investeer en die kerk groei.  Die gevolgtrekking word gemaak dat plaaslike leraars wat die taal en kultuur baie goed ken die mees effektiewe manier is om die Koninkryk uit te brei, dissipels te maak en die gemeenskap te dien.  Hulle is kreatief om kinders en volwassenes by die aktiwiteite van die kerk te betrek en bedien hulle dan ook met die Woord.

Die Sri Lanka Projekspan bedank graag Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreik vir die gebeds-, emosionele- en finansiële ondersteuning.  Alle eer en dank aan ons Here!!

Kontak gerus die projekleier, Paul Kilian, vir enige navrae, belangstelling en betrokkenheid 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri