Helderberg Uitreik se Sir Lowryspas Projek fokus op die kinders van die Village. Ons bestuur sedert 2010 ‘n kindervoedingsprogram in samewerking met inwoners soos Babsie Steyn (Sir Lowryspas Primêre Skool), Fiela Opperman (Fiela se sopkombuis en Young Ones-tienerkoffiekamer) en Zelna Cupido (Kingdom Kids crèche). Behalwe vir die direkte waarde van gesonde, gereelde voeding, glo ons ook dit is een van die voorvereistes vir suksesvolle opvoeding wat weer die sleutel tot persoonlike ontwikkeling en armoedeverligting is.

Die SLP-Beursprogram het in 2014 begin deur twee leerders van Sir Lowryspas Primêre Skool wat Graad 7 suksesvol voltooi het en met hulle hoërskoolopleiding wou voortgaan, finansieel te ondersteun. Die doel van die program is om behoeftige leerders d.m.v. ‘n beurs in staat te stel om met hul hoërskoolopleiding voort te gaan, hulle te mentor en hul vordering te moniteer. Die beurs dek skoolfooie, uniforms en skryfbehoeftes. Gemeentelede se bydraes het ons in staat gestel om die beursprogram te vergroot en ons kan 20 leerders per jaar deur hierdie program ondersteun.

In 2017 is die program uitgebrei deur ’n Wiskunde-tutorprogram by Sir Lowryspas Primêre Skool en Hoërskool Gordon op die been te bring. In die grendeltyd is hierdie klasse ongelukkig gestaak, maar ons beplan om dit binnekort weer te hervat. Ander aktiwiteite sal ook by die skool aangebied word met die klem op fisiese ontwikkeling, die aanleer van lewensvaardighede en mentorskap.

Die gemeente se bydraes en ondersteuning stel ons in staat om die kinders in die Village op verskeie maniere te ondersteun. Kontak ons asb indien jy wil betrokke raak of nuwe idees het oor hoe om die kinders van Sir Lowryspas te bemagtig. Persone wat ons kan help om die Wiskunde- tutorprogram by Helderberg-hoërskole uit te brei, se hulp sal veral op prys gestel word.

Baie dankie aan almal wat gereeld kos, speelgoed, skryfbehoeftes en finansiële bydraes lewer, asook dié wat hul tyd en vaardighede tot die voordeel van Sir Lowryspas se kinders aanbied. Ons waardeer dit opreg!

Projekleiers: Sarita Groenewald

Projekkoördineerders: Chris Eagar, Magdel van den Berg & Alet Vermeulen

Projekspan: Reitz & Marie-Hélène Broeksma, Charl van den Berg, Willie & Leonette Venter, Nico Vermeulen en die getroue span gemeentelede en ander Helderbergers wat ons finansieel ondersteun.

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri